Ons verloor
“Hulle is regtig swak” my laaitie, rooi in die gesig. “Die hele skool is kwaad vir hulle.”
Die teleurstelling, soos mis oor die manne. Ek en n paar ander van die ou manne, staan tussen hulle. Ons was al hier, die plek waar verwagtinge en die realiteid meng.
Hoe vertel ek vir hierdie jong manne dat hulle die punt mis? Want ons is n trotse klomp. Ons is gewoond aan wen. Aan die beste wees. Maar dit was nog nooit wat ons sterk gemaak het nie.
“When the chips are down, the Grey boy comes up smiling.”
Of soos ek hom kan onthou
“When the chips are down, the Grey boy comes up to scratch”
Ons gee nie op nie, al verloor ons n 1000 webdstryde. Grey was nie altyd die beste nie, generasies van Greys het hom gebou tot waar hy nou is.
Ek en n paar oud Greys, om ring deur die ander span se mense sien die lekker kry in hulle oe. “Uiteindelik”
“Baie geluk”, sonder enige wrok of haat in sy oe, se die eerste van ons. Dis soos of hy die ander span se verligting kan voel, n band gebou in kompetiesie.
“laat ek vir julle manne n bier koop” se ons kompetiesie. Hy herken daai seer, die selfde hartseer wat ons al vir 11 jaar op hulle toedien.
Ek het nou n bier nodig, dink ek. “Hou jou kop op”. Ek is nie n oud Grey net as ons wen nie.
“Baie geluk, julle het dit verdien”, hoor ek myself se. Ons hang in n oomblik van stilte…
En dan net “Dankie”.
Vivala Grey