Joe's blog

Vyand

‘n vleimskerp Eina!, land dit in my bors
'n gekalibreerde skoot
'n vonk in n pakhuis vol dinamiet

Hoe weet jy waar my dinamiet is?
O ja, ek het jou vertel
Het jy aspris daarheen gemik?

Ek kannie glo….
Of het n vonk oor gewaai, van toe ek jou pakhuis laat ontplof het?

Ek probeer water op die vuur gooi
Op alles wat brand

Maar dis n fosfor vuur
En ek steek perongeluk nog n pakhuis aan die brand

Moedeloos, laat ek hulle brand
Dat ons nuwe pakhuise kan bou
Die keer, ver van mekaar af

#gedigte