samskara
Ek loop by die bar uit, en los ek warm joligheid agter my.
Die donker vou om my soos n kombers. Wat maak ek nou weer hier buite?
Stadig staan die wereld om my op, onthul homself en ek sien die buitelyne van die woud.
Beweging.
I daar iemand daar?
….
Daars verseker iemand daar. Ek hoor n sagte moan. Jaag iets haar?
Nader, kan nie mooi sien nie, wat gaan aan?
Ek hoor haar sy is net hier voor my, kan haar amper sien.
Vinniger, drukking van bloed deur my are. Takke orals oor my lyf. Dis soos om teen mes lemme te hardloop. Dit maak nie saak nie, ek moet weet.
Vinniger. Verder. Dieper.
Ek voel die moegheid in my bene op kruip, maar daars daai ding in my. Die legkaart is nie klaar nie. Die suurstof in my raak min, maar die ding laat nie los nie.
n Oop sirkel in die bos. Ek kom tot my sinne, waar is ek?
Ah, nou sien ek.
Ek herken hierdie plek. Ek was al baie hier.
Weer n les geleer en die bos se prys betaal. Sjoe my lyf gaan seer wees na die een.
Die bos het vir my weer sy geskenk gegee. Dinge maak nou sin, hier in die sirkel. Die oggend son se strale breek saggies deur die blare.
Altyd in die bos.
Welkom terug, boskind.