Joe's blog

Bar Maestro

Ek druk my ore toe. Net vir n oomblik, vinnig voor iemand my sien

Met sy dreunboks op full volume “Jolene, jolene…” gaan hy te kere

Ou toppies se monde beweeg in die ritme van die song
Dis soos n inside joke, en ek is verseker aan die outside

Country het ons land oorgeneem, soos n kop virus
Die voorland van ou tannies, wat hulle jeug mis

Banale renditions van dieselfde lietjie
Wees trots op die boere, dis jou bloed

Maar van wanneer af is boere, cowboys

#gedigte